Afrikaanse Dagboek

19 Desember 2017

My eie Kersverhaal gelykenis. Soos ek dit aan Carpe Noctem Gloria beskryf het.

God Voorsien.

http://glendakempharper.blogspot.co.za/2017/12/kersverhaal-2017.html

____________________________________________________________________________

1 Oktober 2017


Afhanklik

Soos een wat verlam is 
met n gebreekte nek
totaal afhanklik van God 
Wat my sondes dek.

Soos die arend styg ek 
in doen en in dink.
Almal kan sien dis Sy krag
Dis Sy kind

Net soms dan vergeet ek
En verhewe ek my
Dan sien jy droe bene
In n bondeltjie gly.

Die storm berg Moses basuin
Sy storie
Nooit nooit nie steel jy 
My glorie.
************************************************************************

7 Junie 2017
Chris Chameleon voer n onderhoud met my.



Die volgende oggend WhatsApp ek my sussie Joan:
Praat nou net met die Here. Se vir Hom hoe swak my taalgebruik is maar hoe sterk hy in my are en siel vloei. Woorde kan in elk geval nooit Hom beskryf nie. My hart is syne en dit sal almal sien. Hy was vol in hierdie onderhoud. Chris is ook n Christen maar hy wou my 'roast' om ander te wys waarop ek my geloof grond.

“Toe sê Moses aan die HERE: Ag, Here, ek is nie 'n man van woorde nie--van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong” (Exodus 4:10).


Joan se antwoord:

Wat maak jou taalgebruik saak.  Jou liefde vir Jesus is soos n borrelende helder waterstroom.

Een ding weet ek Joanie, ek het niks in my om in te roem nie, ek kan net in Jesus roem.

“en wat onedel is by die wereld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, 29sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
31Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem” (1 Korinthiers 1:28,29,31).
**********************************************************************************





23 April 2017
Gaan kyk gerus na hierdie pos van my.  n Brief van dank nadat ek n digbundel ontvang het as n geskenk. Hoe beleef ek so n digbundel.

******************************************************************************
14 April 2017
Elke Huis het sy kruis
Ek ken hulle nie maar kniel voor hulle pyn hier op hierdie plek waar hulle gereeld hul seer en verlange oordra met blomme . Ek weet hulle seun en man en pappa was hier dood geskiet  . My loop-paadjie was daardie dag 27 Julie 2016  omskep in a misdaadtoneel. Die koerante was stil maar die hawelose bosdwellers het gepraat.
Bid is beter as praat. So bid ek hulle, wie ek nie ken nie, toegevou  in die genade en liefde van die Een Wie ek ken. 
Wil dat hulle kruis een word met Sy kruis, tot daar waar die opstanding vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.

Kruis na krag Golgotha krag kruis.
Die Koning van verloning
Die god bereide woning.
Net een bedoeling
God versoening.
Intiem intiemer
Intiemste
In Hom
Vrede.

Krag na Kruis. Kruis na Krag.

*******************************************************************************
14 Maart 2017  Die Klank van Ouderdom.

SUSTERS ... EN NOU IS DAAR DRIE


Susters … EN NOU IS DAAR DRIE.

Elke groet gebreekte kruik
Gesalfde graf vir jou of my
Roulette gespin, God besluit.
dowes hoor trompet geluid.



Gedeel deur drie die heiligheid
Begrip in greep ons veiligheid
Vader,Seun en heilige Gees
Suster drie een moeder vlees.



Hande saam in boeke vat
Rondomtalie sustertjies lag
 ring- a-ring- a rosy
drie posies


Geskud van binne en omgedop
Leeg gesuig van voet na kop.
5 sintuie  nou gestroop
Nie die sesde –altyd  hoop


Alles verloor om alles te wen
n Ewige lewe as jy Jesus ken.
So kom die Waarheid, die Lewe
En die Weg.
Is jy reg?
"Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oe na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God" (Handelinge 7:55).

******************************************************************************


1 Februarie  2017

3 uur in die oggend. Loop n lang pad deur die Woord, toe loop die Woord n lang pad deur my daar op die strand se koord.  Soos n vergrootglas voor die son, brandmerk die prentjie die glorie van Hom. Wonder ek; Adam en Eva, (voor die sonde) die regte woorde  om God the beskryf.?   Sy beeld so vervaag in ons;  moes self kom Mens word om ons te wys.
Diep taal en woordtaal, te kort om te ontmoet. “n kamer voorberei”, omdat niks kan beskryf wat Hy werklik vir ons mee groet.
Toe vat ek die branders so vol lewe en in blom. En uit die see se diepte verhewe ek Hom.

Weerkaatsing wat blink op my kar  soos mooi kolle, spoel stroompies van ten dele met beloftes van ten volle.

Draai jou oe na lings en regs, sonstrale, wolke, dit alles is reg, vergeet nie die  korreltjies, so klein want dis sand, die kruis is mos oral, as jy leef in Sy hand.




Here, ek val plat op my gesig. U grootheid te groot vir my gedig.  Askies dat ek probeer.

 Nou net in stilte hier voor my Heer



ALLE  EER  AAN  GOD.
************************************************************
My Jesus is in alles, ook my hond se stert, dit laat my glimlag, U vreugde maak my sterk.



*******************************************************************************

Woord vryheid    

28 Januarie 2017


Lewe in trappe van vergelykking.

Daar in die uiterste.

Speel tennis met kommas

En verloor die punte.

Vryheid van binne sonder korregeerders

Want ek is die prosa en die poësie

Alle paaie lei na Jesus

Vir my geskryf, die boek.

Tot Hy my blaaie omblaai,

Die laaste een sal groet.

elke jot en titteljie aan boord

So lees ons Dis die einde

en nou

begin die Woord.


******************************************************************************

Totsiens 2016

Kanker en sere
Kinders gaan tekere
Laag op my kniee
Hoog op Sy krag
Slyp poeier sterkte
Diamante geslag
Klei in sy hande
My beker loop oor
Sien kans vir more
God is my spoor
n Vet klapsoen vir 2016. Sjoe, jy is verby. kan dit waag hier veilig teen 2017.  Daar in die midde van ‘verby’ wees  was ek maar lekker blind in die stof van die saag en slyp. Hoe sou ek kon weet die geweldige hitte en druk van 2016 klee my in my Skepper se diamantblink skyn . Nou in my diamante rok, reg vir 2017. Alles in Sy krag. Nader my God by U.
Rol uit die rooi mat 2017 My koning is oppad.


Moenie na die raamwerk kyk nie, sien God in die prentjie.







Die Ding.     (17 Desember 2016)

N ding uit die verlede vlieg in jou huis in en kom sit op jou skoot.  Jou oe is omgrens met n heining wat alles buite die ‘ding’ uitsluit en sonder moeite glip jy binne in n movie en speel al die rolle wat lank al verby is. 

Filippense 3:14 “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.”
Glenda 1964


Die Here los jou.  Daar is iets om te gaan haal en iets om uit te gee.

Die ding is, dit was 55 jaar gelede. Die ding was a weeshuis. Net n hik in jou lewe. Nou is dit n WattsApp groep en met jou volle samewerking is jy ontvoer en die nou verdwyn.   

Orfies, skielik is ons hele lewe die weeshuis. Maar kyk wat ek vir myself geskryf het; omdat Jesus so se.

Dit is waar; dit is die gees wat vir ewig lewe. Terwyl ons oud susters so vat en los en lag, sonder lywe sonder sien, is ons almal dogtertjies en jong dames. Kuier in die gees, dit wat bly.  Dit is hoe ons mekaar sal herken in die Hemel. Dan sien ons ten volle in Sy lig.  Opgewonde.

Net n dogtertjie in die weeshuis. Sit op my Pa se skoot . Kyk na Sy kragtige hande.  Trek my wysvinger op die lyne van my naam wat op Sy handle gegraveer is. Isaiah 49:16 

It is well with my soul.
*******************************************************************************16 Desember 2016

Ek onthou: Geloftedag. 50 jaar gelede toe dra ek Amakeia deur A.G, Visser voor by n groot Geloftefees.

Ek is: Baie dankbaar.

Ek onthou: Nuwe Gelofte. 2000 jaar gelede toe hang n Man aan n kruis sodat Griek, Jood n selfs die kriminele aan sy kante  met God vereenselwig kan word.  “ … sodat elkeen wat glo …”

Ek is: Baie dankbaar.
*****************************************************************************

10 Desember 2016
Hemel Landsvlag.  1 Johannes 4:7-8


n Vuis in die bek
tande wat lek
Oranje wit en blou
Aan lap getrou
 Die Griek en die Jood?
Gekruisig  dood?
Geloof hoop, geen liefde?
Lawaai geen diepte.
 n Ewige vlag
Kruis  bloed  wit lag
Bekeer en draai
Skarlaken verfraai.
  karnaal gesterwe
Hemel beerwe.
Nuwe burgerskap mag 
Maak disipels- opdrag
**********************************************************************


HUISGENOOT 1 Desember 2016



Huisegenoot tydskrif will n onderhoud voer. Hulle vra of dit goed gaan met my.

My antwoord October 01, 2016 11:14 AM

Alles gaan goed hier.

Kolon kanker het ons skrik gemaak in Maart maar ons loop die pad so lag- lag huil-huil  en verwonder ons aan die wow pakette  wat God vir ons bly gee om oop te maak.  So tussen die wonder van seeninge en die wonder of ek ‘gefire’ is, is dit nou God wat die uitreiking doen en kompos voorsien vir groei tewyl Hy ons oe  baie saggies en beslis op Hom hou.  (Stil-sit-eina … mmm dit werk nogal.)

Kinderwerk, Bybelstudie leiding, kerk … sommer so gestop in ‘mid air’. Onkoloog se opdragte en Peter (my man met die kolostomie  sakkie J) se immuunstelsel se dood die rede.  Alle samekoms kieme verban.  So julle is welkom! Kieme? onwelkom.
My kontak nommer:
Skakel gerus dan kan ons planne maak.

*******************************************************************************


AFRIKAANS EN EK  (2 November 2016)


Fynpoot kaal voetjies


Grofglas klippad


Taal helder klokkies


En rinkhals patat


Gebore plat Anna


Ontmoet toe die prins


So stotter vaal dans


Omarm sy wind.





Wat ek hier se: My wortels kom uit daar waar Afrikaans plat en ongewas is. Eers op die ouderdom van 16 is die deur oopgemaak, en vir die eerste keer ontmoet ek hierdie pragtige prins met die mond vol goud.

Gedigte en boeke is toe waar jy my sal vind. Hoog op die takke lees hardop vir die wind.


(En toe trou ek Engels en die wiele val af- tot baie later deur fb se blad.)


 n Skaam ope liefde is nou vasgebrand, en tog so gehakkel as ek in geselskap moet land.


So hier op my komper, verlief op die taal, verflenterde kaalvoet klonkie,

verberg agter n rekenaar.





-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

n Valentyn Storie.

Lank gelede …

Eendag was daar …

So staan ek binne in die storie en lees dit eers 55 jaar later.

Pine Pienaar se storie op sy fb. 5 October 2016

Ek het 'n mooi storie om te vertel. 'n Seldsame liefdesverhaal wat vir baie jare,..as't ware 'n leeftyd lank, 'n kosbare geheim gebly het. Dit is 'n onskuldige liefde wat in groot geheimhouding nooit tot sy reg kon kom nie, weens omstandighede wat dit nie bestaansreg gegee het nie.
Dalk sal my bakkiesbladvriende so storie geniet,..want dit is alles die reine waarheid! Geen fiksie nie,...net 'n vertelling van 'n baie oorweldigende liefde wat 'n jong skoolseun van so 15-16 jaar se hart totaal oorgeneem het.
Dit klink nie naastenby so erg as wat dit regtig was nie,..hehehe!
Veral as ek dit noem, dat hierdie skoolseun die meisie op wie hy so verlief op was, na al die jare op bakkiesblad opgespoor het, en vir die eerste keer sy groot liefde aan haar openbaar het.
En,..die meisie het ingestem dat ons "ons"storie maar hier kan deel!

Die meisie met die lang vlegsels voor regs is die een in die storie. Maar sy het toe niks van die storie geweet nie.
Volkskool Potchefstroom Biblioteek Prefekte. 1964

Glenda antwoord privaat: Nou het jy n klomp snuffelhonde op jou spoor en jy beter skryf of wegkruip. So n yesterday-today-and-tomorrow bossie blomme met n Valentyns geur uit die pen. Die meisie met die vlegsels se hartskamertjie is oop en die ou tannie met die kreukels loer in. fb sien net fingers en woorde en oumense bly jonk en ‘happy ever after’ eindes wen. Voel-goed musiek in die agtergrond en sagte glimlagte as die gordyn val en die teater se ligte skyn die donkerte weg. Gelukkige Valentynsdag.🙂
 (Ek los hierdie verhaal vir Pine Pienaar. Dit is sy storie.)
*********************************************************************************


HIERDIE  BRIEF  HET  MY  LAAT  HUIL

Aan Glenda van Dawie.

Baie dankie vir die boek. Het na werk gedink ,wag, laat ek net die inleiding gou lees en toe ek weer sien is dit middernag verby by die tyd wat ek by die stamboom aankom. Het ook eers gedink ek sal net die interesante dinge lees en al die christian bietjies oorslaan, maar dit is die vesel wat alles aanmekaar bind en het ek geen woord oorgeslaan nie. So ver terug as wat ek kan onthou was jy ons almal se gunsteling Antie met jou wonderlike stories wat ons meegevoer het na jou land van happily ever after. jy het nie net die stories vertel nie, jy het met jou woorde en stemveranderinge en gebare die stories lewe gegee. Jou opregte liefde vir kinders straal nie net uit die storie nie maar uit alles wat ek van jou onthou en ervaar het. As kinders het ons gans te min van jou gesien, maar soos dit is met kinders kon ek in jou hart sien en ek het net skoon en rein gesien en die prentjie het my bygebly al die jare daarna. My "claim to fame" was dat die gedugte Glenda Kemp my tannie was. Hoeveel keer het ek jou eer probeer beskerm en verdedig. Nee sy is nie daai tipe meisie nie, sy het nie eers n boyfriend nie en later, sy het net een man in haar lewe gehad, dit is n werk en sy maak lekker geld. Ek is uitgelag en bespot, maar alhoewel ek nie kon weet nie het ek in jou bly glo en ek sien vandag dat ek tog reg was. Onthou een insedent in Zonnerwater gevangenis baie goed want dit het my n lekker pakslae met rubber battons,30 dae in isolasie selle en 6 maande se voordele gekos. Daar was n grootbek bewaarder wat een more by ontbyt staan en vertel hoe hy by n show van jou was en na die show is hy saam jou en............ Ek het seker maar n slegte nag gehad want toe ek weer sien is my bord pap op sy kop en al die bewaarders in die eetsaal bo op my!! Bewaarder van Vuuren as jy nog leef hoop ek jy lees Glenda se boek. Nie dat dit verskil sal maak nie want jy weet jy het gelieg. Ja die prentjie wat ek in my kop het van jou al die jare was getrou aan wie jy is en ek was nog altyd so trots op jou. Natuurlik het ons niks geweet van jou eensaamheid en ongeluk nie en dit het nie ingepas by die sprokie wat Glenda was nie. Seker maar in ons almal se wese dat ons ons geluk en liefde met almal deel en ons leed en hartseer hier binne in ons bewaar. So deur jou boek sien ek myself so dikwels raak. Soos jy het ek ontvlugting in boeke gekry en my ingeleef in ander werelde ver van die werklikheid. Wil ook n punt aanraak oor onderwys. Dit is nie n werk nie maar n beroeping. Daar is geen ding soos n dom kind nie, dit is n verkeerde onderwyser wat die probleem is. In die vakke waar ek onderwysers gehad het wat op n persoonlike vlak n verbintenis met my gehad het ,het ek altyd onderskydings behaal. Kan jy glo ek het ook van standerd ses tot agt net my naam op die Wiskunde vraestelle geskryf en 0% gekry! Tog jare later op Zonnerwater om my vak-toets (kabinetmaker) af te le moes ek N1,N2 en N3 skryf. Daar was so snaakse mannetjie saam my in die studie dormitory wat wiskunde aan jou verduidelik dat dit sommer maklik raak. Het toe nie net onderskeidings in al die vakke behaal nie maar ook my N2 en N3 in een jaar geskryf. Ja het self nie meer trane oor om te huil oor al die potensiaal wat ek so bemors het nie. Tog berus ek my by wie ek vandag is en is ek baie gelukkig met wie ek vandag is. My hart gaan vandag uit vir al die kinders van gebroke families want daar is geen groter trauma vir n kind as om te sien hoe sy geliefde familie in stukke geskeur word nie. Dit is wonde wat jou bybly al jou jare en jou lewenspad vir altyd verander. My spoke het ek na baie jare oorwin maar baie mense herstel net nooit nie.Soos jy altyd beskerm was en teruggekeer het na die beginsels van jou gelukkigste dae saam die Baumbachs, so ook was die invloed van Oupa Sakkie en Ouma Bertha altyd saam my. Daar was die wonderlikste dae van my lewe. Ons was spesiaal vir hulle en deel van hulle. Liefde en liefde gewys. Moet nou eers afsluit met baie liefde. lekker dag en dankie weereens.
https://fbcdn-profile-a.akamaihd.net/hprofile-ak-xaf1/v/t1.0-1/c6.0.40.40/p40x40/1795709_281423825340881_1808907325_n.jpg?oh=869e659195098435665df883e8808d77&oe=56BCC6ED&__gda__=1454333536_c705b7078cc0d5c540047e029e07b97b
Jou stories was altyd happily ever after en nou is happily ever after jou storie!!

Van Glenda aan Dawie.
Dawie hierdie is die mees waardevolste 'brief' wat iemand ooit oor my lewe en die boek kan se. Dit kom van die mees waardevolste persoon en ek bere dit ek in my skat kamer. Dankie vir wat jy in my geglo het. Dit is so amazing en ek het niks geweet nie. Ek is so bly jy is my suster se kind en so trots op wie jy is na wat jy deurgegaan het. Ek weet van jou talent wat not steeds daar le en skreeu om uit te kom. Waar daardie gedigte vandaan gekom het wat jy geskryf het le nog baie ander werke. Nog een in die familie wie se talent ek sterk aanvoel is Shane. Hy is nog so jonk en ek bid dat die regte deure vir hom sal oopgaan.
Dankie Dawie vir jou ope hart praat. Dit beteken vir my baie.
Liefde.
October 17th, 12:02pm
https://fbcdn-profile-a.akamaihd.net/hprofile-ak-xaf1/v/t1.0-1/c6.0.40.40/p40x40/1795709_281423825340881_1808907325_n.jpg?oh=869e659195098435665df883e8808d77&oe=56BCC6ED&__gda__=1454333536_c705b7078cc0d5c540047e029e07b97b
Ek deel heelhartlik jou gevoel oor Shane. Daar is iets special in hom. Melody het vanoggend jou boek begin en het nog nie opgehou nie. Sy het lekker gelag oor oupa se stories. Tog so snaaks hoe mense se persepsies verskil gesien uit verskillende oogpunte. Waar jou boek my persepsie van jou beaam en versterk het, het dit Mel se persepsie heeltemal verander.
Chat Conversation End



****************************************************************************


n Sondag in Mei 2016


Wow. Vader YHWH is baie besig met my. Vandag was ek op n plek wat onverklaarbaar ontvou het. Wou onsigbaar by die tent in en uit glip maar is omarm en vorentoe getrek om … n wedergeborene te word! Die boodskap was skoon verlore tussen die lawaai en remoer. Toe maak Vader seker ek hoor wat Hy wou he ek moet hoor en so stuur Hy toe vir my dieselfde boodskap in a sagte stem deur jou. Dankie, Emmerentia Pienaar.

1 Samuel 30:6 “… maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.” (Sien my pos So Loud I Missed the Message http://glendakempharper.blogspot.co.za/2016/06/for-crying-out-loud-what-is-happening.html )


********************************************************************************


12 September 2014

             Elke More Nuut


‘n koel oggend luggie proe aan my wang


Voor -strale groete van God opgevang.


Splinternuwe liefde, genade ontplof


Dis God in sy Eerste, O kniee gee lof. 
********************************************************************************



20 November 2013
Slapelose blessing! Dis waneer Jesus my in my bakkies vat met sy Blad en my status op datum bring. Shoe! Vanmore goed les geleer in rassisme, kritiek teen predikers, nederigheid en hoe om vir my vyand te bid. NUMERI 12 ! Askies, Here, ek luister.
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Sleepless night blessing. The time God hides my face in His Book and tags me in His updated status. Last nights power point lesson: NUMBERS 12 ! Racism, criticism of preachers, humbleness and how to plead in prayer for my enemy. Speak Lord, your servant is listening.

********************************************************************************

7 Oktober 2013
PRETORIA!
Tree Sondag, 13 Oktober, op by gospel@pub in Pretoria. http://www.noisemakers.co.za/home/staticajax/en_US/id/3.html

 Watter beter plek as n kroeg om n getuienis in te lewer. Dit is waar ons Jesus sou gekry het. Dit is wat ek moet doen, teruggaan na al die plekke waar ek droog gemaak het. Die laaste keer wat ek in Pretoria was is ek daar weg met n opgeskorte vonnis vir publieke onsedelikheid. Verbeel jou as ek toe vir hulle kon gese het; “Toemaar, julle sien my weer oor 40 jaar, dan sal ek vir julle kom wys waar Dawid die wortels begrawe het!” Die lewe is n snaakse ding as God in beheer is. Hy het so n sin vir humor.
Kom groet gerus as julle in Pretoria bly.


Rapport
********************************************************************************



Jy vra hoekom ek so still is en of ek besig is. Hier is my antwoord. (17 Junie 2013)


Besig? My huis skee gereeld vir my om besig the raak. As dit nie my bed is wat kla om opgemaak te word nie is dit die skottelgoed wat  se ‘Jy’t nie n bediende nie,hoor.’ Al hierdie irritasies  wat kom pla as ek besig is met wat my hond dink is vakansie lees. Sy wat Easter is , is my inmenging vermaak en gee my my daaglikse lag pille, hou my bloeddruk laag en sit n heuning ‘grin’ op my mond. Tussen haar en my Pa is ek besig, baie besig soos die mier in die kinderliedjie.  Nou wonder jy seker watter opdragte kan nou soveel van my in beslag neem dat jou briljante uitlatings op fb niks meer as n ‘like’ uit my skud nie.   Dis nie soseer hoeveel take aan my geggee is nie maar wie dit aan my geggee het. Die Koning van konings se vir my: “Hier, doen die Bybel studie groepie  op n Donderdag, en hier, doen die Sondagskool klassie op n Sondag.”  In die Ou Testament het die mense sommer op hulle gesigte geval en gedink dis klaar met hulle as hulle daardie Stem gehoor het.  Gelukkig het ek n buffer (Jesus) so ek hoef nie om te val nie, maar mens, ek moet weet as dit n ‘ja’ is van my kant af sal ek niks kan doen waarvoor ek vir Hom ja gese het nie.  Hy weet dit en ek weet dit. Is dit hoekom Hy my vra? Terwyl my ‘ja’ nog warm om my asem le, bedien Hy my met sewe dae in my week en n sleutel na sy binnekamer.   Dit is hier in hierdie binnekamer waar ek soos Jakob stoei,  Psalm 23 se voorbereide tafel benuttig en van die oorloop drink. Hier verruil ek my Lee olie botteltjies  vir vol en sit ek soos 'Mary' by sy voete .   Dis nie altyd sommer so maklik nie. Soms is my oe nog vol slaap en my nag is nog nie afgeskud nie en my gesig is sommer lank.  Soms se Hy vir my goed soos: Jou kreukels lyk vir my net soos die juwele in Song of Songs. Dan skitter alles in plek en my ore en oe maak oop.  Die gevolge: Sondag skyn ek en die kindertjies skitterend  met n helder glans vir dit wat Jesus vir n ewigheid voorberei het. Donderdag bring ek n les na die groep met vrae wat dien as grawe en pikke om die woord om te spit en self die juwele uit te haal; juwele wat pas in vandag se behoeftes. Alles lei tot ‘nader my God by U’. Alles gebeur in daardie binnekamer.

 Sien The Book of John op hierdie blog http://glendakempharper.blogspot.com/p/the-book-of-john.html
Om tyd in die verlede te spandeer is om tyd in die toekoms te mis.  Kyk na jou paspoort. Kyk weer. Jy is n burger van die Hemel. Nou wat worry ons so oor hierdie tydelike burgerskap.  Dit is so exciting om deur die gleufie te kyk na dit wat vir ewig en ewig is. As Jesus kom wil ek besig wees met Sy werk sodat ons sommer net so van een noot oor kan gaan in die ander met dieselfde liedjie. Dan sien ek alles soos dit is en spring sommer uit my ou lyf uit van blydskap.

Maak seker jy het die regte paspoort.  Geen vorms om in te vul nie; se net ja vir Jesus. Hy het klaar alles gedoen.

____________________________________________________________________________



HIERDIE  IS  EEN  VAN  DIE  VRAE  WAT  AAN MY  GEVRA  WAS  IN  N  ONLANGSE  ONDERHOUD:

Is dit maklik om op te hou strip? Ek bedoel - dit is, mense gaan nie sommer ophou om oor jou en jou luislang te praat nie?

HIERDIE WAS NIE MY ANTWOORD NIE:

Dans ou vrou, dans.

Vat die slang soos a hoola-hoop and draai hom todat hy verdwyn in die kreukels en swelsels van die ouderdom. Now you see him, now you don’t.  Dis nou wat die oog sal sien, of liewer, nie will sien nie. 

Die Kingdom oe is natuurlik heel andersom, die kreukels en swelsels is juwele vir my Maker wat die verganklike  gaan veruil vir die splinternuwe onverganglike.  Daai swierige nuwe houer wat wriewel om uit te kom uit die verassings pakkie, om my gees te kan toevou, omvou en invou. Reg vir prysings aksie vir die Easter storie Spelers.  Dans gees, dans tot die dankies en die loof  bewegings die hemelse dak lig.  Jesus is Koning! Alle eer aan God.

WAT EK WEL GEANTWOORD HET

Is dit maklik om op te hou strip? Ek bedoel - dit is mense gaan nie sommer ophou om oor jou en jou luislang te praat nie?

 Nou is dit my beurt om met mense te praat en as ons by slange begin dan hol ek daar in Numeri 21:9 en siedaar: n slang op n paal! Dit hou nie daar op nie (Johannes 3:14). Dis wat die Here met my gedoen het,’ trues bob’, dit is my eie ware ondervinding. Sommer so eendag toe ek so skaam kry oor die slang storie toe wys die Here vir my die ander kant van n omgedraaide lewe.  Toe Hy met my klaar is en ek vra; “Nou wat nou van daai strippery”, toe se Hy vir my “Watter strippery?”  Dis net n blank screen want toe Hy aan die paal gehang het vir my, het al my ou stories soos mis verdwyn en toe ek weer sien toe staan ek saam met Hom op uit die graf uit en siedaar: ek is n nuwe mens met n nuwe lewe en weet jy wat? Ek gaan verewig lewe; daar saam met Jesus. Die enigste onthou van a slang is die gesondmaking en heelmaking en lewe van daai Moses slang. Praat van amazing!
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Bible studies  for cell groups or private quiet time, meditating on the Word.




No comments:

Post a Comment

Please leave a comment about this post, however please note, all posts are moderated and abusive posts will be removed.